Behalwe vir die lawwe klomp wat luidrugtig (vermoedelik) Switserse volksliedjies in die straat gesing het rondom 02:00 die oggend, het ons op Woensdag met nuwe energie opgespring. Ons het vir 'n oomblik impulsief gevoel en dit self oorweeg om te gaan parasail! Maar teen die tyd ken ons ookal ons en het geweet dit beter om wys te wees, daarteen te besluit en sonder 'n besering weg te stap. Ons het wel besluit om tog maar te gaan kyk hoe 'n paar lawwe siele die hoogtes aandurf!
Ons sit toe na ontbyt dadelik af stasie toe om na die bergpiek (een van die 3 hoogstes in die Berner Oberland), naamlik Schilthorn, te gaan. Ons gawe maatjie, Tom by die hotel, het vir ons vouchers gegee waarmee ons 40% afslag vir die rit kon kry. Elke bietjie help in die situasie! Van Interlaken is ons met die trein na Lauterbrunnen, toe met 'n bus na Stechelberg en van daar met verskeie kabelkarretjies verder teen die berghange op.
Ons het verby die dorpies Gimmelwald en Murren gery, sowel as die halfwegstasie Brig. Ek weet nie presies hoekom my logika my in die steek gelaat het nie, maar vir een of ander rede het ek gedink dit gaan nie koud wees daarbo nie. Iemand moet my tog nog vertel dat sneeu nie net mooi is nie, maar ook koud! So het ons toe die piek bereik met my al bibberend.
Dit was wel elke hoendervleisie werd! Die uitsig is ONBESKRYFLIK!! Vandaar kan 'n mens een van die hoogste bereikbare pieke van die Alpe, naamlik Jungfrau so mooi sien.
Dit het 'n goeie 50 minute geneem om bo uit te kom en ons het helaas besluit om onsself te gaan vestig in 'n restaurant en onsself te trakteer op Switserse wyn, ham en kaas.
Die restaurant roteer 360 grade sodat jy vanuit die gemak van jou restaurantstoel die wereld kan bespied. Schilthorn is ook die plek waar een van die 007-flieks verfilm is en die logo is op amper als daarbo aangebring.
Ons het weer teruggekeer na Interlaken waar dit gelukkig heelwat warmer was en ons het die bekende paadjie langs die turkoois Aere-rivier hotel toe aangedurf. Na ons so paar minute platgele het, het ons besluit om weer 'n trein na Brienz te neem. Daar het ons maar weer langs die meer geloop en die uitsig waardeer waarna, ons 'n ligte aandete by een van die hotelle gaan eet het. Ons het besluit op 'n tradisionele Switserse rosti, die hoeveelheid uie daarin sal mens egter laat dink dis 'n lekker groot maaltyd! Teen 20:00 was ons terug by die hotel. Al die vars lug het nogals bygedrae tot 'n effense moee gevoel! Ons het net eers die foto's afgelaai wat op die ouend baie langer gevat het as beplan. Daarna is ons elkeen bed toe, die opgewondenheid oor Italie was voelbaar in die lug, ek het wel gewonder hoe enigiets die ervaring in Switserland kan oortref!
In September 2010 het Carla en Aryna op 'n drafstap deur Europa gegaan! En wat 'n drafstap was dit nie!
Monday, May 9, 2011
Indrukwekkende Interlaken
As dit saamgevat kan word in een woord... onbeskryflik! Ek weet nie wat presies ons verwag het van Switserland nie, maar dit het definitief enige idees oortref! Ons het geweet die Alpe groei daar :-) en dat ons na die platteland toe gaan, maar die ervaring daar was soveel meer gewees!
Ons was natuurlik weer getrou betyds vir ons trein van Parys af en moes 'n paar keer meer treine verwissel as wat ons verwag het. Oppad het die Alpe met wit pieke voor ons gele - pragtig! In Interlaken aangekom was die eerste ding wat my opgeval het, die heerlike vars lug. So salig soel, asof jy vir 'n oomblik 'n suurstofmasker gedra het. Interlaken is die hoofdorpie van die Berner Oberland, die streek met die hoogste bergpieke. Dit word Interlaken genoem omdat dit le tussen 2 mere, naamlik die Brienz- en die Thunmeer. Die Aere-rivier, die langste in Switserland, vloei daardeur en dis die mooiste turkoois kleur! Ons het in 'n backpackers lodge geslaap en het heerlik met die klomp jongmense wat daar werk gekuier. Hulle se darem dat hul nog altyd net beindruk was met Suid-Afrikaners - ons is glo vreeslik gaaf!
Ons eerste missie was om met die ferry op die Brienz-meer te gaan vaar. Die uitsig oor die berge met die blou meer en pikante dorpies langs die kant was, dit was mooier as 'n prentjie! Die laaste dorpie waar die boot aandoen, is Brienz. Daar het ons afgeklim en na die toeristekantoor gegaan om te gaan uitvind presies wat mens nou eintlik daar kan doen. Blykbaar is Brienz beroemd vir die pragtige houtwerk wat daar gedoen kan word. En met rede! Die huisies, veral in die ouer deel van die dorp, lyk net soos Heidi-huisies met die mooiste houtwerk!
Hulle maak ook die mooiste ornamente en koe-koe-horlosies! Daar is ook winkel wat spesialiseer in kerstonele. Ons het ons verkyk aan die sprokiesprentjie van die houthuisies met die berge, watervalle en meer om ons. Aan die bo-punt van die dorp is 'n mooi klipkerkie en toe ons om dit loop, word ons bederf met die mooiste uitsig waarvan enigiemand kan droom!
'n Foto kan dit probeer vasvang, maar die ervaring kan net in 'n mens se eie geheue voortleef. In elk geval, ons het agterkom dat die plekkie glad nie so erg deur toeriste geraak word nie en dat dit werklik 'n klein stukkie onontdekte hemel is. Ons oorweeg dit baie sterk om te bele in 'n vakansiehuisie daar!
Ons het tot vroegaand daar gesit en toe langs die meer af gewandel na die treinstasie toe - die laaste boot het lankal reeds vertrek.
Die treinroete van Brienz terug na Interlaken word die Golden Panorama genoem omdat dit langs een van Switserland se mooiste roetes ry. Wat 'n gesig! Skemer in die Alpe... Die mooiste was toe ons terug hotel toe gestap het. Ons het so 'n roete uitgewerk waar ons al die pad langs die rivier stap. So mooi!!
Terug in die hotel het ons na ons kamers gegaan en daarna afgesit dorp toe om by 'n Switserse restaurant kaasfondue te gaan eet. Dit was absoluut heerlik! Uitgeput, maar tevrede het ons later ons eerste dag in Switserland afgesluit.

Subscribe to:
Posts (Atom)