As dit saamgevat kan word in een woord... onbeskryflik! Ek weet nie wat presies ons verwag het van Switserland nie, maar dit het definitief enige idees oortref! Ons het geweet die Alpe groei daar :-) en dat ons na die platteland toe gaan, maar die ervaring daar was soveel meer gewees!
Ons was natuurlik weer getrou betyds vir ons trein van Parys af en moes 'n paar keer meer treine verwissel as wat ons verwag het. Oppad het die Alpe met wit pieke voor ons gele - pragtig! In Interlaken aangekom was die eerste ding wat my opgeval het, die heerlike vars lug. So salig soel, asof jy vir 'n oomblik 'n suurstofmasker gedra het. Interlaken is die hoofdorpie van die Berner Oberland, die streek met die hoogste bergpieke. Dit word Interlaken genoem omdat dit le tussen 2 mere, naamlik die Brienz- en die Thunmeer. Die Aere-rivier, die langste in Switserland, vloei daardeur en dis die mooiste turkoois kleur! Ons het in 'n backpackers lodge geslaap en het heerlik met die klomp jongmense wat daar werk gekuier. Hulle se darem dat hul nog altyd net beindruk was met Suid-Afrikaners - ons is glo vreeslik gaaf!
Ons eerste missie was om met die ferry op die Brienz-meer te gaan vaar. Die uitsig oor die berge met die blou meer en pikante dorpies langs die kant was, dit was mooier as 'n prentjie! Die laaste dorpie waar die boot aandoen, is Brienz. Daar het ons afgeklim en na die toeristekantoor gegaan om te gaan uitvind presies wat mens nou eintlik daar kan doen. Blykbaar is Brienz beroemd vir die pragtige houtwerk wat daar gedoen kan word. En met rede! Die huisies, veral in die ouer deel van die dorp, lyk net soos Heidi-huisies met die mooiste houtwerk!
Hulle maak ook die mooiste ornamente en koe-koe-horlosies! Daar is ook winkel wat spesialiseer in kerstonele. Ons het ons verkyk aan die sprokiesprentjie van die houthuisies met die berge, watervalle en meer om ons. Aan die bo-punt van die dorp is 'n mooi klipkerkie en toe ons om dit loop, word ons bederf met die mooiste uitsig waarvan enigiemand kan droom!
'n Foto kan dit probeer vasvang, maar die ervaring kan net in 'n mens se eie geheue voortleef. In elk geval, ons het agterkom dat die plekkie glad nie so erg deur toeriste geraak word nie en dat dit werklik 'n klein stukkie onontdekte hemel is. Ons oorweeg dit baie sterk om te bele in 'n vakansiehuisie daar!
Ons het tot vroegaand daar gesit en toe langs die meer af gewandel na die treinstasie toe - die laaste boot het lankal reeds vertrek.
Die treinroete van Brienz terug na Interlaken word die Golden Panorama genoem omdat dit langs een van Switserland se mooiste roetes ry. Wat 'n gesig! Skemer in die Alpe... Die mooiste was toe ons terug hotel toe gestap het. Ons het so 'n roete uitgewerk waar ons al die pad langs die rivier stap. So mooi!!
Terug in die hotel het ons na ons kamers gegaan en daarna afgesit dorp toe om by 'n Switserse restaurant kaasfondue te gaan eet. Dit was absoluut heerlik! Uitgeput, maar tevrede het ons later ons eerste dag in Switserland afgesluit.
Prachtig! Net een sprookje!
ReplyDeleteWaaw! Volgende keer ga ik mee (je weet wat dat betekent: geen liftjes, we gaan overal te voet naartoe :-)
ReplyDelete